Zelensky verwerp skietstilstand tydens Ortodokse Kersfees

Oekraïnse President Volodymyr Zelensky het Rusland se aankondiging oor ‘n wapenstilstand tydens die Ortodokse Kersfees verwerp. Hy sê dis ‘n poging om die vordering van Oekraïnse magte in die oostelike Donbas-streek te stuit. Zelensky het Russies gepraat in sy gesamentlike boodskap aan die Kremlin en die Russiese volk. Hy sê Moskou het Kiëf se eie vredesplan herhaaldelik misken, en die oorlog sal eindig wanneer Russiese troepe Oekraïne verlaat of uitgegooi word.  Oekraïne se belangrikste Ortodokse Kerk is sedert 2019 onafhanklik en nie onderdanig aan die Moskouse patriarg nie.