Eiendomsagent: Namibiese huurmark onder druk

Sedert die repokoers in Desember 2022 aangekondig is, word sommige Namibiese huishoudings gedwing om hul lewenstyl af te skaal deur na goedkoper verblyf-opsies te soek. Sommige eienaars het nie hul verbande betaal nie en huurders nie hul huur betaal voordat met vakansie vertrek het nie. Die ekonomiese druk het ‘n beduidende impak op die land se huurmark. Banke sê dat agente en verhuurders bewus moet bly van die negatiewe impak van die huidige makro-ekonomiese omgewing op huurders om hul huur te betaal. Hille Petrus, hoof-agent by Peuyoshinge Properties, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.