Private sektor kredietverleniging in November 2021 groei traag

Die groei van die private sektor kredietverlening het in November 2021 tot 1,6 persent verlangsaam, volgens Cirrus in Windhoek. Alhoewel dit nie die stadigste jaar-op-jaar-groei in 2021 is nie, is dit stadiger as die 2,7 persent wat in beide November 2020 en Oktober 2021 aangemeld is. Kredietgroei aan huishoudings het verlangsaam (die stadigste sedert Januarie 2021), terwyl krediet aan besighede tot stilstand gekom het.