Duitsland gaan sy energie-aankope uit Rusland drasties verminder

Duitsland gaan sy energie-aankope uit Rusland drasties verminder weens Moskou se inval in Oekraïne. Olie-invoere gaan teen Junie halveer word, terwyl steenkool-aflewerings teen die herfs gestaak gaan word. ‘n Derde van Duitsland se olie-invoere, 45 persent van sy steenkool-aankope en 55persent van sy gas-invoere het voor die inval uit Rusland gekom. Die afhanklikheid van Europa se grootste ekonomie van Russiese energie is as ‘n Achilleshiel uitgewys terwyl Westerse bondgenote skarrel om President Vladimir Putin te straf vir sy oorlog in Oekraïne.