Vryheidsfront Plus sê Limpop moet voorberei vir bek-en-klouseer

Die Vryheidsfront Plus het die LUR vir landbou en landelike ontwikkeling in Limpopo, Nanda Ndalane, versoek om die provinsie voor te berei vir ‘n moontlike uitbreking van bek-en-klouseer. Die provinsiale leier, Marcelle Maritz, sê die groot tekort aan veeartse in die provinsie is kommerwekkend. Sy het die provinsiale regering versoek om hierdie professionele persone so gou moontlik te werf en aan te stel. Maritz het ook ‘n beroep op veeboere gedoen om verantwoordelikheid te aanvaar en hul diere teen die siekte te ent om ‘n herhaling van die uitbreking in 2019 te voorkom.