Oudlandros Rooies Mostert bly in aanhouding 

Oudlanddros Walter “Rooies” Mostert het vandag in die Keetmanshoop-landdroshof verskyn nadat hy gister by die Noordoewer-grenspos in hegtenis geneem is nadat hy voortvlugtig was. Volgens die Namibiese polisie bly hy in polisie-aanhouding en sal hy vandag na Windhoek oorgeplaas word. Mostert se tweede hofverskyning is Dinsdag in die hoofstad. Hy het op 5 November verlede jaar uit aanhouding ontsnap nadat hy op 29 klagte in die hof moes teregstaan.