Duitsland en Irak voer samesprekings oor natuurlike gas

Die Duitse kanselier, Olaf Scholz, sê sy regering voer samespreking met Irak oor die die invoer van natuurlike gas. Hy het tydens ‘n gesamenstlike nuuskonferensie met die Irakkese eerste minister, Mohammed Shiaal-Sudani in Berlyn gesê hulle het die moontlikheid bespreek, en ooreengekom om die saak verder te voer. Duitsland het sy pogings verskerp om energiebronne te diversifiseer in reaksie op die daling in die invoer van fossielbrandstof uit Rusland.