SAOG-leiers kry kritiek oor menseregte

Suider-Afrikaanse leiers het onder skerp kritiek deurgeloop oor hul versuim om aandag te gee aan die mishandeling van burgerlikes. Human Rights Watch se 2023-verslag plaas die kollig op die Eswatini-koning Mswati se weiering om in gesprekke betrokke te raak, Mosambiek se voortdurende konflik met opstandelinge in Cabo Delgado en Zimbabwe se gebrek aan betekenisvolle stappe om menseregte te handhaaf. Die verslag sê met betrekking tot Suid-Afrika, ten spyte van die beste vlugtelinge-beleid op skrif, het die regering versuim om beslissend op te tree teen xenofobiese geweld en om migrante te beskerm.