Droogte in Engeland verklaar

Die Britse regering het amptelik ‘n droogte verklaar in verskeie dele van Engeland ná maande van lae reënval en ongekende hoë temperature. Die regering sê die besluit is geneem op grond van reënval, riviervloei, die vlakke van grondwater en reservoirs, asook die uitwerking daarvan op openbare watervoorsiening. Die Nasionale Droogtegroep sê die droogte-drempel is bereik in dele van die suidweste, suide, sentrale en ooste van Engeland bereik. Die groep se voorsitter, Harvey Bradshaw, sê die agentskap sal sy droogteplanne publiseer.