Kommer oor hoë getalle tabakgebruikers in SA, hoër as Namibië

Tot 30 persent van Suid-Afrikaners gebruik tabakprodukte. Dit is die bevinding van die eerste Wêreldwye Tabakpeiling vir Volwassenes wat onder mense van 15-jaar en ouer gedoen is. Beroepe word gedoen om strenger wetgewing vir die tabakbedryf in te stel weens kommer oor die toename in die gebruik van e-sigarette. Catherine Egbe van die Suid-Afrikaanse Mediese Raad sê die bevindings is sorgwekkend:

Namibië is nie in die jongste peiling ingesluit nie maar in 2020 het 15,1 persent van Namibiërs 15 jaar en ouer gerook, 0,4 persent minder as in 2019.