Sprinkbok-vroue speel ook vandag

Die Springbok-kaptein Siya Kolisi sê sy span sal alles moet uithaal om die Nieu-Seelanders twee naweke na mekaar te klop. Die wedstryd teen die All Blacks in Johannesburg skop net na vyf vanmiddag af. Die Bokke is vasberade om skoonskip te maak na hulle verlede week se kragmeting in Mbombela met 26-10 gewen het. Kolisi het rugby-aanhangers aangemoedig om ook die Springbok-vrouespan te ondersteun wat om eenuur teen Spanje te staan kom.