DRK-President sluit onderhandelinge met M23-rebelle uit

Die President van die Demokratiese Republiek die Kongo, Félix Tshisekedi, het die moontlikheid om met die M23-rebelle te onderhandel, uitgesluit. Die groep is ingevolge ‘n internasionale ooreenkoms besig om te onttrek aan gebiede waar hulle in beheer was. Die groep het vantevore gesê hulle verwag onderhandelings met die regering. Die President sê egter hulle sal na die Maniema-provinsie geneem word vir ontwapening en ontbinding van strukture waarna hulle in die burgerlike samelewing opgeneem moet word. Sowat 750 000 mense is ontwortel weens die voortslepende geweld tussen regeringsmagte en die M23-rebelle.