Tennis: Djokovic uit Monte Carlo Meesters

Tennis: Lorenzo Musetti het die grootste oorwinning van sy loopbaan behaal toe hy die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, by die Monte Carlo Meesters geklop en na die kwarteindronde deurgedring het. Die 21-jarige Italianer het agt keer op die Serwiër se afslane deurgebreek en hom met 4-6, 7-5 en 6-4 verslaan. Die verdedigende kampioen, Stefanos Tsitsipas van Griekeland, het die ongekeurde Chileen, Nicolas Jarry, met 6-3 en 6-4 afgeransel. Die Miami Ope-kampioen, Daniil Medvedev van Rusland, het in ‘n opwindende wedstryd teen die Duitser Alexander Zverev twee wedstrydpunte gered,  voordat hy die kragmeting met ‘n valbylpot in die derde stel gewen het.