Dringende aansoek om druiweplaas te likwideer

Dave Bruni, en die Grape Alliance Management-maatskappy wat in likwidasie is, bring ‘n dringende aansoek vanoggend in die hoërhof teen Cape Orchard Company en Bank Windhoek om Cape Orchard dringend te laat likwideer. Volgens Bruni, het Grape Alliance Management ‘n eis van meer as 108 miljoen Namibiese dollar teen Cape Orchard vir fondse wat volgens hom onwettig van die maatskappy na Cape Orchard oorgedra is. Daar is ook ‘n eis van meer as 109 miljoen dollar teen Cape Orchard vir vebeterings wat op Cape Orchard se plaas by Aussenkehr gedoen is. Bruni sê Cape Orchard het reeds skriftelik erken dat hy die bedrag aan die maatskappy skuld. Die aansoek word deur regter Eileen Rakow aangehoor en verdediging is reeds aangeteken.