Volksmoord-ooreenkoms moet nie bekragtig word nie

Die president van die Popular Democratic Movement, McHenry Venaani, het in die Nasionale Vergadering gesê alhoewel Duitsland die volksmoord teen die Ovaherero en Nama amptelik erken het, moes dit nooit plaasgevind het nie. Hy het gesê die volksmoord-ooreenkoms moet nie bekragtig word nie, want dit laat veel te wense oor.