Leonard-boere ontmoet met Russe

Meer as 100 mense het die vergadering oor uraan ontginning by die Leonardville Boerevereniging-saal bygewoon. Die boere het met verteenwoordigers van Headspring Investments, die plaaslike filiaal van die Russiese Uranium One-maatskappy wat deel vorm van Rosatom, ontmoet. Die ontginning sal langs die Nossobrivier plaasvind en Pieter Martins, die voorsitter van die boerevereniging het vroeër aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hulle groot kommer het oor ondergrondse waterbronne in die gebied. Headspring wil die uraan deur ‘n logingsproses ontgin, bekend in Engels as fracking, en reeds bewys is om ondergrondse waterbronne elders in die wêreld te besoedel. Luidens berigte het een boer gesê een van sy boorgate, wat na aan ‘n eksplorasiegat geleë is, reeds met olie besoedel is.