Driekamp aan die kus vandag – hou bene, hou!

Die Afrika-driekamp Sprint Cup begin om half-agt op Swakopmund. Die geleentheid, wat deur Prosperity Health en RMB aangebied word, sal 140 atlete van 22 lande sien meeding. Atlete sal 750 meter swem, 20 kilometer fietsry en 5 kilometer hardloop. Die geleentheid vind by die Mole plaas en inwoners kan verwag dat verskeie roetes versper sal wees. Prysuitdeeling vind vanmiddag om half-vyf plaas.