Behuisingsprojekte in Suide-kusdorpe kan konstruksie hupstoot gee

Groot behuisingsprojekte word in verskeie Suide-kusdorpe van Lüderitz en Oranjemund beplan, maar dit sal dit tyd neem om plaaslike konstruksie-maatskappye te bevoordeel. Die residensiële en nywerheids-erwe wat dié dorpe beskikbaar wil stel, sal die huidige grootte van die die dorpe verdubbel. Lüderitz verwag ‘n toename in verskeie projekte, soos kelp-produksie, ‘n salmplaas, windplaas-uitbreidings en natuurlik voorbereiding vir groenwaterstof-projek. Op Oranjemund probeer die dorp om sakebedrywighede weg van diamant-ontginning te diversifiseer en kyk op hierdie tydstip na landbou en toerisme as alternatiewe. Dit neem egter tyd om grond te diens en beskikbare erwe te bemark. Simonis Storm voorsien egter nie ‘n oplewing in die plaaslike konstruksie-sektor in 2023 nie.