SA-huishoudings skaal af of verkoop eiendom om te oorleef

Nes in Namibië, is huishoudings in Suid-Afrika onder druk. In die buurland word verbruikers gedwing om kleiner eiendomme aan te skaf of om te verkoop om sodoende kop bo water te hou terwyl moeilike ekonomiese toestande voortduur. Januarie se statistiek vir residensiële geboue toon weens die stygende rentekoerse ‘n skerp afname jaar-tot-jaar in nuwe beplanningsbedrywighede. ʼn Ontleder van FNB, John Loos, sê die syfers is nie ʼn verrassing nie, veral in die lig van die huidige resessionêre ekonomiese toestande: