Drank vererger misdaad teen vroue en kinders in Oshikoto

Die goewerneur van die Oshikoto-streek, Penda ya Ndakolo het vandag in sy streeksrede sy kommer uitgespreek oor drankmisbruik onder die inwoners van die streek. Hy sê verkragtings, motorongelukke, huisbrake, diefstal en gevalle van strafbare manslag kan in die meeste gevalle toegeskryf word aan drankmisbruik. Misdade teen vroue en kinders, wat verkragting insluit, het van 12 persent in 2021 tot 20 persent vanjaar toegeneem. Daar was ook 207 motorongelukke in die afgelope jaar met 49 sterfgevalle en 452 besering. Ya Ndakolo sê drankmisbruik moet aangespreek word.