Bok-afrigter sê hy bou diepte in sy span

Die Springbokke verwelkom Wallis Saterdag voor ‘n volgepakte stadion op Loftus Versfeld vir die eerste in ‘n reeks van drie toetse. Terwyl die groep vir die eerste wedstryd vol ervaring is, is daar twee moontlike nuwelinge onder die plaasvervangers. Die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, sê hulle gee nou voorkeur aan die bou van diepte: