Dr Geingob vertrek vandag na Skotland

President Hage Geingob vertrek vanoggend 10-uur van die Hosea Kutako Internasionale lughawe af op ‘n werksbesoek aan Glasgow in Skotland vir die COP26 beraad en daarna sal hy Frankryk ook besoek vir die 75 ste bestaansjaarvierings van UNESCO , wat die Franse Vredes Forum insluit. Dr Geingob sal Maandag die spitsberaad van wêreldleiers bywoon, in aanloop tot die 26ste VN Klimaat Veranderings konferensie oftewel COP26 wat veral gaan fokus op effektiewe oplossings om klimaatsverandering aan te spreek.