Afghanistan sorg byna vir groot verassing op die T20-Wêreldbeker-toernooi

Krieket: Afghanistan het gisteraand so amper-amper vir die grootste verrassing van die T20-Wêreldbeker-toernooi in Dubai gesorg. Maar Pakistan het op die ou end daarin geslaag om die knoop deur te haak en die wedstryd met vyf paaltjies gewen, met nog een boulbeurt oor.Die Namibiese krieketspan,die Eagles stap om 12-uur môre op die veld teen Afghanistan in die T20 Wêreldbeker. Die span het volgens berigte goed voorberei vir die wedstryd.