Beurtkrag in Suid-Afrika bly in die nuus

Met ‘n belofte van geen geskeduleerde kragonderbrekings dié langnaweek in Suid-Afrika nie, het Eskom beurtkrag gisteraand om agtuur opgehef. Eskom-spanne het ‘n eenheid elk by die Majuba-, Arnot- en Tutuka-kragsentrales in Mpumalanga weer in werking gestel en die beperkings op die netwerk voldoende verminder. Die buurland se kragverskaffer het weer om verskoning gevra vir die ongerief wat mense, veral leerders en onderwysers, moes verduur met beurtkrag tydens die matriek-eindeksamens.