Dood van TKZEE-kletsrymer betreur

Die Suid-Afrikaanse minister van kuns en kultuur, Nathi Mthethwa beskryf die dood van die TKZEE-kletsrymer, Tokollo “Magesh” Tshabalala as ‘n groot slag vir die vermaaklikheidsbedryf. Die 45-jarige is vanoggend oorlede na ʼn epileptiese aanval. Volgens Mthethwa se woordvoerder, Masechaba Khumalo, sal Magesh onthou word as ʼn musikale en kulturele pionier wat sy kunstenaarskap gebruik het as ‘n hulpmiddel om die jeug op te hef en te ontwikkel.