William Ruto is nuwe Keniaanse President

William Ruto is as verkose President van Kenia verklaar nadat hy 50,49 persent van die totale stemme gekry het. Sy mededinger Raila Odinga het 48,85 persent van die stemme gekry. Die aankondiging van die presidensiële verkiesingsuitslae het vanmidddag in chaos by die verkiesingskommissie-sentrum verval nadat die adjunkvoorsitter van die verkiesingskommissie en drie ander kommissarisse die presidensiële verkiesingsuitslae verwerp het. Ruto sê alle leiers in Kenia moet saamwerk.