Klimaatsverandering hoog op agenda by SAOG-spitsberaad

Die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Naledi Pandor, sê die spitsberaad van staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, wat hierdie week in die Demokratiese Republiek van die Kongo plaasvind, is ‘n deurslaggewende een, aangesien die streek tans baie uitdagings in die gesig staar. Pandor sê die impak van klimaatsverandering op Suider-Afrikaanse lande is ook hoog op die agenda. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt …