Dokter ontken dat hy nalatig was met Trevor Noah se operasie

‘n Chirurgiese hospitaal in New York ontken dat hy nalatig was met die behandeling van die aanbieder van The Daily Show, Trevor Noah, nadat hy verlede maand ‘n saak teen die hospitaal aanhangig gemaak het. Noah beweer die chirurgiese prosedure wat hy in November verlede jaar ondergaan het, was nie suksesvol nie. Luidens hofstukke is die regsgeding by ‘n hoërhof in Manhattan aanhangig gemaak. Noah beskuldig ‘n ortopediese chirurg, dr. Riley J. Williams, daarvan dat hy nagelaat het om sy toestand te diagnoseer en na behore te behandel, wat volgens hom tot ernstige en permanente beserings gelei het.