Vanjaar se vakansie is duurder… met soveel…

Simonis en Storm in die hoofstad het berekeninge gemaak oor die verhoging in pryse vir Namibiërs wat die feesseisoen reis. Volgens die makelaarsfirma, het die koste van ‘n paspoort met 100 persent gestyg, terwyl ‘n Schengen-visum 33 persent duurder is. Reis per pad met ‘n petrolvoertuig is 38 persent duurder terwyl vlugte tussen Windhoek en Kaapstad 3 persent duurder is. ‘n Standaard kamer by ‘n lodge kos die jaar 5 persent meer en kampgeriewe, 13 persent meer. Kruideniersware is 5,2 persent duurder en drank is 2,3 persent duurder. Net die koste van ‘n PCR-toets is goedkoper teenoor verlede jaar, met die prys wat met 7 persent gedaal het.