Doek Literêre Fees vind einde April in Windhoek plaas

Vanjaar se Doek Literêre Fees vind vanaf 21 tot 23 April by die Goethe Instituut in Windhoek plaas. Vanjaar se fees fokus op fiksie en interessante internasionale en plaaslike skrywers gaan deelneem aan boekvoorlesings, paneelbesprekings en kreatiewe skryfskole vir lesers, skrywers en literatuur-liefhebbers. Die bekroonde skrywer van Zimbabwe Tsitsi Dangarembga sal ook by die fees wees. Rémy Ngamije, Doek se stigter, gee meer besonderhede aan Kosmos 94.1 Nuus.