Wêreld se grootste biotek-maatskappy open perseel in Kaapstad

Die wêreld se grootste biotek-maatskappy, Roche, open ‘n nuwe perseel in Kaapstad. Die kompleks is gebou teen ‘n geraamde koste van 700 miljoen rand. Die belegging bring in die eerste jaar van bedryf werksgeleenthede mee vir ongeveer 300 mense. Die burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die Biovac-instituut sal Covid-inentings vervaardig vir verspreiding na lande regoor Afrika.