Sheeran wen kopieregsaak, vies oor ongegronde bewerings

Ed Sheeran het ‘n kopieregstryd in die Britse hooggeregshof gewen oor sy 2017-treffer Shape of You. ’n Regter het beslis dat die sanger-liedjieskrywer nie plagiaat gepleeg het op die 2015-liedjie Oh Why deur Sami Chokri nie. Chokri, ‘n grime-kunstenaar wat onder die naam Sami Switch optree, het beweer die “Oh I”-haak in Sheeran se snit was “opvallend soortgelyk” aan ‘n “Oh why”-refrein in sy eie snit.

Sheeran het ná die uitspraak gesê sulke “ongegronde” bewerings “is heeltemal te algemeen”.