Dodelike aanval by sinagoge in Jerusalem

’n Gewapende Palestynse man het sewe mense doodgeskiet en drie ander beseer in ’n sinagoge aan die buitewyke van Jerusalem in ’n aanval wat vrese vir verdere bloedvergieting verhoog het. Die aanval kom ’n dag ná die dodelikste Israeliese klopjag in die Wesoewer in jare. Die polisie sê die gewapende man het op die groep mense losgebrand voordat hy deur die polisie doodgeskiet is. Die aanval, wat die polisie as ‘n “terreurvoorval” beskryf het, het vrese vir ‘n eskalasie in geweld verhoog ná maande se skermutselings in die Wesoewer wat Donderdag uitgeloop het op ‘n klopjag in Jenin wat minstens nege Palestyne gedood het.