Djokovic steeds in die nuus

Tennis: Novak Djokovic se regsverteenwoordigers het hofstukke ingedien as deel van sy stryd om in Australië te bly.Die verdedigende Australiese Ope-kampioen bly in aanhouding in ‘n hotel in Melbourne, nadat die federale regering sy visum herroep het. ABC News berig as hy nie daarin slaag om die herroeping van sy visum om te keer nie en hy gedeporteer word, kan Djokovic moontlik verbied word om Australië binne te gaan, vir ‘n tydperk van tot drie jaar.