ANC bring sogenaamde vernuwings-kommissie op die been

Die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee het ingestem om ‘n sogenaamde ANC vernuwings-kommissie op die been te bring wat die weg sal baan vir hoe die party in 2032 sal lyk teenoor hoe die party tans lyk. President Cyril Ramaphosa het volgens SABC die aankondiging tydens die 8 Januarie-verklaring gemaak. Die party het ook sy 110de bestaansjaar in die Ou Peter Mokaba-stadion in Polokwane herdenk. Ramaphosa het gesê die vernuwing van die ANC is van kardinale belang te midde van terleurgestelde ondersteuners wat hul stemme weerhou.