Reën oor dele van die land en op sommige plekke reën dit steeds

Reën het oor dele van die land voorgekom en op sommige plekke reën dit steeds vanoggend. Die neerslag wissel van ‘n paar millimeter tot meer as 20 millimeter. Toestande vir nog reën vandag is volgens die Namibiese weerdiens steeds gunstig, met fratsvloede wat op plekke in die Zambezi-streek en omliggende gebiede voorspel word. Motoriste word gemaan om versigtig te bestuur in die nattoestande op sommige roetes.