Djokovic se ma sê hy word soos gevangene behandel

Die wêreld se nommer een-speler, Novak Djokovic, se ma beskuldig Australië dat haar seun soos ‘n gevangene behandel word nadat hy gister toegang tot die land geweier is. Die speler is volgens berigte na ‘n regerings-goedgekeurde hotel in Melbourne geneem nadat sy visum teruggetrek is. Djokovic het vroeër aangekondig hy het mediese vrystelling ontvang om aan die Australiese Ope deel te neem al is hy nie ingeënt nie. Dijana Djokovic het op ‘n nuuskonferensie in Belgrado, Serwië, gesê haar seun word aangehou in ‘n vuil aanhoudingsentrum met oneetbare kos.