Parlementêre ampstaf uit brandpuin gered

Die parlementêre ampstaf is een van die baie artefakte wat uit die Nasionale Vergadering se brand gered is. Die ampstaf word gewoonlik gebruik om die aankoms van die speaker in die parlement aan te kondig. Kaapstad se brandweerhoof, Ian Schnetler, sê die meerderheid van die ander items met sentimentele waarde is ook uit die brand gered.