Djokovic sak terug tot 7de op ranglys

Novak Djokovic het teruggesak tot sewende plek op die jongste wêreldranglys al het hy Wimbledon gister gewen. Die Serwiër het sy 21ste Grand Slam-titel ingepalm toe hy die Australiër Nick Kyrgios verslaan het, maar punte verloor omdat die toernooi gestroop is van ranglyspunte weens die besluit om Russiese en Belarussiese spelers te verban. Die Rus Daniil Medvedev is eerste, gevolg deur Alexander Zverev van Duitsland en die Spanjaard Rafael Nadal. Stefanos Tsitsipas van Griekeland, Casper Ruud van Noorweë en Carlos Alcaraz van Spanje is nou almal voor Djokovic.