Bedrogspul in gesondheid in Zim

Sommige openbare gesondheidswerkers in Zimbabwe, wat dokters en verpleegsters insluit, het na bewering ‘n bedrogspul bedink om kontant van desperate pasiënte te melk om hul karige salarisse aan te vul. Die betrokkenes gee na bewering voorkeurbehandeling en aandag aan pasiënte wat personeel aan diens harde kontant betaal, terwyl diegene wat hulle nie betaal nie, afgeskeep word. Inligting dui daarop dat verpleegsters en dokters sowel as aptekers- en algemene personeel by openbare hospitale en klinieke ook gesteelde medisyne verskaf het, gewoonlik teen goedkoop pryse. Gesondheidswerkers in Zimbabwe eis al jare lank ‘n salarisverhoging, veral met skerp dalende plaaslike geldeenheid en van stygende pryse van basiese goedere en dienste. Setfree Mafukidze ‘n kommentator van die Health Factor in Zimbabwe, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.