Djokovic is ingesluit in Ope-trekking

Die organiseerders van die Australiese Ope het die wêreld nommer een, Novak Djokovic, by die trekking ingesluit ondanks onsekerheid of hy toegelaat gaan word om in die land te bly. Die toernooi begin Maandag in Melbourne. Die Serwiër, wat die eerste gekeurde is, wag steeds op ‘n besluit van die minister van Immigrasie, Alex Hawke. ‘n Hof het dié week sy gekanselleerde visum heringestel. Inligting het egter daarna na vore gekom dat hy op sy aansoekvorm gejok het, en openbare byeenkomste sonder masker bygewoon het terwyl hy geweet het hy het Covid-19.