Ru-olie: Voorspellings vir tot US$110 per vat

Daar blyk om geen verligting vir verbruikers te wees nie, dit wil sê as voorspellings deur analiste hou. Kenners in die bedryf voorspel dat ru-olie tussen 90 en 100 Amerikaanse dollar per vat teen die einde van die eerste kwartaal sal verhandel. Ander voorspel dat die prys tot 110 Amerikaanse dollar kan styg. Dit volg na die prys met 50 persent in 2021 gestyg het na rekordlae pryse in 2020 as gevolg van streng inperkings regoor die wêreld. Op die oomblik verhandel olie rondom 84 dollar ‘n vat nadat dit Woensdag teen 85 dollar verhandel het. Kenners meen dat as gevolg van Opul en sy vennote se voorsieningskapasiteit, sal olie in die korttermyn duurder raak. Opul verhoog produksie met 400 000 vate daagliks op die oomblik, na streng inperkings op produksie in 2020.