Clover se staking brei uit

Clover-werkers in Suid-Afrika gaan vandag buite die departement van handel se gebou in Pretoria betoog en later na die Uniegebou opruk. Lede van die vakbonde Giwusa en Fawu beplan om ‘n memorandum met eise te oorhandig waarin hulle ‘n beroep doen dat die eiendomsgroep, Milco, onttrek word, Clover-werkers weer aangestel word en die departement ingryp en keer dat fabrieke gesluit en mense afgedank word. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê daar sal ook ‘n betoging buite die Parlement in Kaapstad wees: