Djokovic-aanhangers betoog buite sy hotel

Novak Djokovic se aanhangers het vandag in die reën byeengekom om protes aan te teken teen die tennisster se aanhouding in Australië. Nuusagentskappe berig sowat 50 betogers, waaronder tennisaanhangers, asook aktiviste teen inentings en dié vir immigrasieregte, het by ‘n aanhouplek in Melbourne byeengekom. Die voormalige Park Hotel, nou amptelik bekend as ‘n alternatiewe plek van aanhouding, huisves 32 vlugtelinge en asielsoekers wat in Australië se streng immigrasiestelsel vasgevang is. Na wat verneem word, is die wêreld se toptennnisspeler een van hulle, hoewel grensowerhede weier om te bevestig waar Djokovic aangehou word.