Dit brand weer tussen Rehoboth, Dordabis

Die veldbrand op die plaas Eselmaanhaar suidwes van Dordabis. Volgens wat berig word het weerlig die brand veroorsaak. Dit brand blykbaar in berge maar dit versprei redelik vinnig. Daar is volgens die jongste berigte net een voertuig op die toneel en hulp word dringend aangevra. Ander brande is ook oos van Rehoboth aangemeld op die D1228 naby Ganeib. Daar is tot op hede amper 921 000 hektaar verwoes in brande tot dusver die brandseisoen.