Dwelms en skoolkinders meng nie

Die Namibiese minister van hoër onderwys Itah Kandjii-Murangi het vandag in die parlement haar stem bygevoeg by die debat oor dwelms. Dwelmhandel en -misbruik neem plaaslik skerp toe. Sy sê daar is ‘n onmiddellike impak op akademiese prestasie.