Keir Starmer, sterk voorloper, verwelkom verkiesingsdatum

Die leier van Brittanje se Arbeidersparty, Keir Starmer, het eerste minister Rishi Sunak se aankondiging oor ‘n algemene verkiesing verwelkom, en sê dit is wat die land nodig het en waarvoor hy gewag het. Die verkiesing word op 4 Julie gehou. The Guardian se peiling toon die Arbeiders is 21,7 punte voor Sunak se Konserwatiewe party, met 44,7-persent van stemme teenoor 22,9-persent. Starmer sê sy party wil Brittanje terugbring na diens aan werkende mense: