Anglo verwerp derde BHP aanbod

Anglo American se raad het ʼn derde uitkoop-aanbod van die mynreus, BHP, verwerp. Hy bied nou 900 miljard Suid-Afrikaanse rand aan teenoor sy tweede aanbod van 782 miljard rand. Die aanbod het steeds dieselfde ingewikkelde struktuur. BHP vereis dat Anglo eers twee aparte ontbondelings van sy aandeelhouding in Anglo American Platinum en Kumba Iron Ore Limited afhandel. Die Anglo-raad sê hy glo steeds daar is ernstige kommer oor die struktuur omdat dit moontlik ʼn voltooiingsrisiko vir materiale kan inhou.