Inflasie in toerisme kom na pryse laag gehou is oor Covid

Die 8,2 persent styging in April in die jaarlikse inflasiekoers vir hotelle, kafees en restaurante is te wyte aan verblyfdienste wat net meer as 10 persent duurder is op ‘n jaargrondslag. Vakansiepakette is steeds duur maar die inflasie in die sektor het gesak vanaf 73,6 persent verlede jaar tot 45,5 persent in April. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsorganisasie, oor wat dit beteken vir plaaslike reisigers.