Pogings word aangewend om alle Angolese kinders bymekaar te maak

Meer inligting is bekend oor die lot van die Angolese kinders wat houtlepels op straat verkoop. Die ministerie van binnelandse sake sê die kinders is afkomstig van die Huila-provinsie in Angola en is hier as gevolg van armoede daar. Meer as 200 kinders is reeds in Ondangwa en word by die jeugsentrum gehuisves maar, daar is nog talle regoor die land. Margaret Kalo, die ministerie se woordvoerder het meer.